Groen-alliansie besoedel 1 000 keer meer as wat hy keer

Vyf olie en chemiese maatskappye wat deel is van die Alliance to End Plastic Waste, het ‘n duisend keer meer nuwe plastiek in vyf jaar vervaardig as die afval wat hulle uit die omgewing weggekeer het. Dit is volgens nuwe data wat Greenpeace in die hande gekry het. Die maatskappye, wat insluit Exxon, Shell en Total, het beloof om 15-miljoen-ton plastiek afval uit die omgewing in vyf jaar tot die einde van 2023 te verwyder. Dit was bedoel om insameling en herwinning te verbeter en ‘n sirkulêre ekonomie te skep. Die alliansie sê hy stem nie saam met die data nie.