Groei in VSA arbeidsmag duik in die hek
Die groei in die Amerikaanse arbeidsmag het in Oktober drasties gedaal. Dit is tydelik getref deur orkane en stakings, in ‘n finale groot ekonomiese prentjie voor die verkiesing en met lewenskoste wat kiesers se kommer oorheers. Die wêreld se grootste ekomonie het verlede maand net 12 000 werksgeleenthede bygevoeg, wat baie laer is as verwagtinge en laer as die hersiene 223 000 in September. Die werkloosheidskoers was onveranderd op 4,1-persent. Die werkloosheidsdata sal fyn nagegaan word deur die spanne van beide Kamala Harris en Donald Trump.