Grobler, Soni se saak weer uitgestel

Die saak van betreding en die vlieg van ‘n vliegtuig sonder die nodige toestemming teen joernalis John Grobler en die stigter van die Namibia Travel and Tourism Forum, Nrupesh Soni is weer uitgestel. ‘n Verhoor datum sou vandag bepaal gewees het maar, dit sal nou eers op 20 November gebeur. Nog Soni nog Grobler het die dossier onder oë gehad nie en die saak sloer sedert Februarie 2022. Die klagtes hou verband met die omstrede verkoop van 23 wild-gevangde olifante aan twee dieretuine in die Verenigde Arabiese Emirate. Die twee het blykbaar ‘n hommeltuig gebruik op die wilsdhandelaar Gerrie Odendaal se plaas buite die dorp op 19 Februarie 2022. Grobler en Soni is vry op waarskuwing.