GRN soek meer diamante by De Beers

Daar word berig Namibië is besig om voor te berei om met De Beers te onderhandel om ‘n groter aandeel te verkry uit diamante wat binne die landsgrense ontgin word. Tans word Namibië toegelaat om 15 persent van die diamante wat deur Debmarine en Namdeb ontgin word, te behou vir waardetoevoeging. Die ooreenkoms sal na verwagting in 2026 verstryk, wat aanleiding gee tot besprekings oor die moontlike verhoging daarvan. Tom Alweendo, minister van myne en energie, sê die regering is reeds op pad om ‘n groter deel van die diamantproduksie te verseker. Hy sê die moet opgestoot word en waarde moet toegevoeg word.