GRN soek bestuurders vir Geingob-begrafnis, huur motors tot 22ste

Die ministerie van werke en vervoer soek 40 ervare bestuurders om die huidige poel in die polisie se BBP-direktoraat aan te vul. Dit is vir die begrafnis van Hage Geingob. Intussen sê die ministerie verder dat die huur van voertuie vir die geleentheid reeds begin het en sal afsluit teen 22 Februarie. Die skrywe is gerig aan ministeries, agentskappe en kantore in die regering. Die skrywe sê verder dat die koste van die bestuurders, sowel as enige oortyd, deur die kantoor, agentskap of ministerie, waar die bestuurder werksaam is, gedra sal word. Daar is nog nie ‘n aankondiging van wanneer Geingob ter ruste gelê sal word nie.