GRN-skuld klim amper 9% jaarliks, staan op N$113,5 miljard

Die regering se binnelandse skuld het gedurende Januarie met 1,7 persent op ‘n maand grondslag gestyg en met 8,7 persent op ‘n jaargrondslag gemeet. Dit staan nou op 113,5 miljard Namibiese dollar, amper helfte van die land se BBP. Regeringskuld verlaag ekonomiese aktiwiteit deur private kapitaalvorming te veminder omdat die regering nie geld het om in die land te bestee nie. Dit veroorsaak ook belastingverhogings of bestedingsbesnoeiings om toekomstige skuldbetalings te akkommodeer.