GRN moet waterskuld aflos, pleit NamWater
Abraham Ashipala, bedryfsbestuurder van NamWater, het ‘n beroep op die regering gedoen om te oorweeg om die skuld wat aan hom verskuldig is deur landelike waterskemas te vereffen. Die beroep is gedoen tydens die besoek deur die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Ontwikkeling by Oshakati. Skuld aan NamWater het teen September 2022 1,6 miljard Namibiese dollar beloop en terwyl die maatskappy van kritieke belang is, het hy nog net een reddingsboei, jare gelede, van 100 miljoen dollar ontvang. Inteendeel, NamWater bestuur sy fondse so goed dat hy in 2016 meer as 235 miljoen dollar as reddingsboei aan die regering kon gee om landelike watervoorsiening te bewerkstellig tydens die droogte. Wanbestuur en onkunde by plaaslike owerhede lei tot wanbetaling van waterrekenings en so ook, toenemende werkloosheid wat inwoners se betalings aan plaaslike owerhede belemmer.