GRN kondig visumkostes aan

Inligtingsminister Emma Theofelus het die weeklikse kabinetsbesluite aangekondig. Die kwessie van visas vir besoekers van ander lande was weer ter sprake. Visas vir burgers van Afrika Unie-lande sal 1 200 Namibiese dollar per persoon beloop, terwyl besoekers van ander lande 1 600 dollar per visa sal betaal. Theofelus is aan die woord.