GRN is maar traag met vaste beleggings

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het vaste beleggingsyfers  vir die afgelope tien jaar bekend gemaak. Sedert 2013 is die tipe beleggings, wat eiendom en groot toerusting, en dus ekonomiese aktiwiteit stimuleer, verteenwoordig deur die privaatsektor wat by verre die grootste beleggings gemaak het. Dit het in 2014 ‘n hoogtepunt bereik op net meer as 40 miljard Namibiese dollar en daarna afgeplat tot ‘n laagtepunt van ongeveer 17 miljard dollar in 2020 wat nie veel beter vertoon in 2022 nie. Die regering se grootste belegging was in 2015, rondom 7 miljard dollar toe die privaatsektor ongeveer 35 miljard dollar belê het. Omdat vaste beleggings oor ‘n tydperk gedoen word is die besteding op 2015-pryse bepaal.