GRN het nie die geld vir ‘dankie-sê’ betalings aan PLAN nie

Volgens ontledings in die Namibiese media sal die uitbetalings aan 11 000 militêre veterane meer as 40 jaar neem as die regering net 276 veterane per boekjaar uitbetaal. Die ministerie het ‘n program waardeur veterane aansoek kan doen vir befondsing om hulle eie projekte te begin. Die bedrag beloop tussen 150 000 en 200 000 Namibiese dollar per veteraan. Na eise dat die geld aan elkeen in kontant uitbetaal word, maak die ministerie nou melding van die betaling as ’n ‘dankie-sê’ uitbetaling. Kosmos 94.1 Nuus het met die minister van verdediging en veteranesake gepraat, wat die huidige stand van sake verduidelik.