Grindr bied MIV-selftoetse plaaslik aan, ‘n eerste vir Afrika
Die globale afspraak-toep Grindr het sy program uitgebrei om gebruikers te koppel aan gratis tuisafgelewerde MIV-selftoetsstelle in Namibië, wat die eerste keer is dat die maatskappy hierdie diens in Afrika aanbied. Grindr het ‘n vennootskap aangegaan met IntraHealth Namibia, ‘n proses wat gefasiliteer is deur Equal Namibia, ‘n jeuggeleide sosiale beweging vir gelykheid. ‘n Toegewyde knoppie in die toep koppel gebruikers met IntraHealth om gratis toetsstelle te bestel, wat ‘n vertroulike en gerieflike manier bied vir individue om hul MIV-status tuis uit te vind en ingeligte gesondheidsbesluite te neem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Mama Africa, ‘n plaaslike aktivis, wat sê die diens sal help met diskriminasie teen MIV-positiewe Namibiërs.