Griekse opposisie boos oor sesdag-werksweek

Griekeland se hoof-opposisieparty Syriza sê die onlangse instelling van ‘n sesdag-werksweek deur sekere maatskappye is ‘n skande. Dit is vroeër dié maand ingestel deur die regse Nuwe Demokrasie-party. Griekeland sit met ‘n tekort aan vaardige werkers sedert die finansiële krisis van die laat-2000’s, wat jongmense na die buiteland laat uitwyk het op soek na beter vooruitsigte. Die nuwe beleid het plaaslik en internasionaal aandag getrek omdat dit teen die grein is van talle Westerse lande, waar daar debatte is oor ‘n vierdag-werksweek ter wille van produktiwiteit.