Griekse komponis Vangelis sterf

Die Griekse komponis Vangelis, wat bekend was vir sy gevierde rolprenttemas vir Chariots of Fire en Blade Runner, is in die ouderdom van 79 oorlede. Hy het ‘n Oscar gewen vir sy 1981 se Chariots of Fire. Vangelis se ander filmkrediete sluit The Bounty, Francesco, Bitter Moon, 1492: Conquest of Paradise en Alexander in. Die Griekse komponis het gesê sy belangstelling was nie om ’n simfonieorkes te skep wat hy baie maklik kon doen nie, maar om verder as dit te gaan en dinge te doen wat die simfonieorkes nie kan doen nie. Kenners meen hy het daarin geslaag.