Griekeland se opvolg-verkiesing op 25 Junie

Die President van Griekeland sal ‘n tussentydse eerste minister aanstel om ‘n regering saam te stel vir die tydperk tot 25 Junie wanneer ‘n opvolg-verkiesing sal plaasvind. In die afgelope verkiesing het geen party ‘n volstrekte meerdeheid behaal nie. Die gematig-konserwatiewe Nuwe Demokrasie-party van die eerste minister, Kyriakos Mitsotakis, het 40 persent van die stemme gekry. Die drie grootste partye, insluitend die Nuwe Demokasie-party het verkies om nie ‘n koalisie-regering saam te stel nie. Mitsotakis meen sy kans om in ‘n opvolgverkiesing die volstrekte meerderheid te kry is goed. Sy naaste teenstander is die Syriza-party wat net sowat ‘n vyfde van die stemme gekry het.