Grey-kollege hou aan om Springbokke te kweek
Rugby: Jan-Hendrik Wessels draf môre op die Vrystaat-stadion die eerste keer in ‘n Springboktrui op die veld wanneer die Springbokke vir Portugal pak. Die jong stut het in Bloemfontein grootgeword en was op Grey-kollege saam met die haker André-Hugo Venter, wat ook gereed is vir sy eerste toets, van die reserwebank af. Hulle twee is Grey se 46ste en 47ste Springbokke. Wessels sê dit is baie spesiaal om sy debuut voor sy tuisskare te maak.