Greta looi WEF se Davos-byeenkoms

Die klimaataktivis, Greta Thunberg, is tans in Davos, Switserland waar wêreldleiers van die Wêreld Ekonomiese Forum vergader. Sy het haar kritiek teenoor die byeenkoms uitgespreek en sê sy kan nie verstaan hoe die wêreld na die groep leiers toe kyk om hul probleme op te los nie – omdat hulle wins jaag, ten koste van mense en die planeet.