Grensverskuiwende toets kan Parkinsons aandui

Navorsers het die biologiese merker van Parkinson se Siekte geïdentifiseer waaruit ‘n eenvoudige bloedtoets hopelik ontwikkel kan word om die siekte minstens sewe jaar voor die eerste simptome aan te dui. Wetenskaplikes het agt sleutelproteïne, oftewel merkers, in bloedmonsters van Parkinsons-lyers geïdentifiseer wat algemeen is by mense met die siekte. Kunsmatige intelligensie kan hiervolgens die moontlikheid van Parkinsons aandui. Middels kan lank vóór die eerste simptome teen die siekte geneem word. Meer as tien-miljoen mense wêreldwyd ly aan Parkinsons, en dit is die neurologiese toestand wat wêreldwyd die vinnigste toeneem.