Grensriviere vloei laer, Kunene val skerp

Die vloei van die land se grensriviere neem steeds af. Die benede-Oranjerivier by Blouputs en Sendelingsdrift het vanoggend ‘n vlak van onderskeidelik 0,50m en 0,38m aangeteken. Die Zambezirivier by Katima Mulilo het gedaal vanaf 1,85m gister tot 1,81m. Die watervlak van die Okavangorivier by Rundu daal geleidelik en het vanoggend 4,46m aangeteken. Die Kunenerivier by Ruacana vloei teen 152,6 kubieke meter per sekonde, heelwat laer as die 162 kubieke meter per sekonde wat gister gemeet is.