Grensriviere toon bestendige vloei
Die land se grensriviere vloei steeds bestendig. Die Zambezirivier by Katima Mulilo het oor die naweek met 3cm gestyg en vanoggend 1,32m aangeteken. Die Okavangorivier by Rundu het ‘n watervlak van 5,42m aangeteken. Die Kunenerivier by Ruacana het teen 352,70 kubieke meter per sekonde gevloei. Die watervlakke by Blouputs aan die benede-Oranjerivier het vanoggend 58cm aangeteken terwyl Sendelingsdrift gister 53cm gemeet het.