Grenspatrollie-rotte ontplooi by Afrika-hawens
‘n Nuwe generasie grenspatrollie-opspoorders kan binnekort in Afrika se hawens begin werk en onwettig gesmokkelde goedere uitsnuffel. Die Afrika reuse buidelrot is opgelei om ietermagô-skubbe, ivoor, renosterhoring en ander items uit te ken, van spesies wat bedreig word. Hulle word opgelei in Morogoro, Tanzanië deur ‘n organisasie sonder winsbejag wat reuk-opsporingsdiere ontplooi. Die diere het ‘n ongelooflike reuksintuig, is rats en relatief goedkoop om te versorg, vergeleke met honde wat gewoonlik gebruik word. Die groep lei reeds rotte op om landmyne uit te snuffel en tuberkulose op te spoor.