Grensooreenkomste vanoggend met Angola onderteken

Die Namibiese minister van binnelandse sake dr. Albert Kawana sal vanoggend in die hoofstad ooreenkomste onderteken met sy Angolese eweknie Eugenio Cesar Laborinho om sekuriteit by die twee lande se grens te verskerp. Daar is baie verkeer heen en weer tussen Namibië en Angola, en volgens die ministerie se woordvoerder Margaret Kalo, word verskeie aspekte geformaliseer.