Grens na verwagting binnekort oop vir wit mielies
Die Namibiese Akkerbouraad het die beskikbaarheid en invoer van wit mielies in Namibië ondersoek. Die grens vir die invoer van wit mielies sal oopgemaak word sodra al die plaaslik geproduseerde wit mielies deur meulenaars gekoop is en hul graanvoorraad drie weke of minder is. Volgens wat berig word sal die grens waarskynlik teen 14 Augustus oopmaak. Produsente in spesifieke streke het tot 11 Augustus om hul mielies aan meulenaars te bemark. Mielielande wat laat geoes word na die opening van die grens moet aan die Akkerbouraad aangemeld word.