Greenpeace vaar uit oor cholera-uitbreking

Die burgerlike drukgroep, Greenpeace, sê die Suid-Afrikaanse regering het nie die politieke wil om skoon water in die land te verseker nie. Greenpeace het die uitlating gemaak weens die cholera-uitbreking in Hammanskraal, sowel as ‘n sterfte in die Vrystaat. Die klimaat- en energie-aktivis vir Greenpeace in Afrika, Thandile Chinyavanhu sê daar moet meer gedoen word om die waterkrisis in Hammanskraal op te los. Chinyavanhu sê daar is ‘n gebrek aan toewyding om aan basiese menseregte en behoeftes te voldoen. Sy sê dit is kommerwekkend dat dit vir die regering belangriker is om nog toetse en moniterings te doen, in plaas daarvan om die probleem op te los. Volgens Chinyavanhu moes die regering tien jaar gelede by die probleme met watergehalte in Hammanskraal ingegryp het.