Greenpeace doen beroep op ANC om weg te beweeg van steenkool
Greenpeace Africa sê President Cyril Ramaphosa se opmerkings oor die wegbeweeg van steenkool wys die regering neem die saak nie ernstig op nie. Die president het gister in die Parlement vrae beantwoord en gesê Suid-Afrika bly verbind tot die oorgang na ander energiebronne, maar het beklemtoon dit sal gebeur teen ‘n pas wat in lyn is met die behoeftes van die samelewing en die plaaslike ekonomie. Nhlanhla Sibisi van Greenpeace Africa sê die klimaat- en elektrisiteitskrisis deel ‘n oplossing, naamlik die billike oorgang na hernubare energie, wat dadelik moet begin.