Green Connection maan teen aflandige gas- en olie-eksplorasie

Green Connection maak alarm oor aflandige gas- en olie-eksplorasie in die buurland en wys op die risiko van oliestorting en klimaatsverandering. Die groep vir eko-geregtigheid kritiseer Total en die regering omdat hulle seebronne uitbuit, die marienelewe benadeel asook mense langs die kuslyn se voortbestaan bedreig. Dit sê ten spyte van regs-uitdagings, neem die belangstelling in seismiese toetse en eksplorasie nie af nie. Die risiko’s met ontginning, insluitende olie-stortings, bly ʼn groot bron van kommer. Green Connection raai die regering aan om op hulle hoede te wees wanneer hulle aansoeke om eksplorasie beoordeel om die omgewing te beskerm.