Green Connection kap SA regering oor gas-tender

Die Green Connection sê hy is geskok oor die Suid-Afrikaanse regering en PetroSA se aanstelling van Equator Holdings om die noodsaaklike gas-infrastruktuur te befonds en te herbou. ʼn Woordvoerder van die organisasie, Liziwe McDaid, sê Equator Holdings kwalifiseer nie vir die tender nie en het boonop ook nie die ondervinding of vaardighede om hierdie werk te doen nie. Sy sê dis ontstellend om te dink die regering en PetroSA dring daarop aan om werk ter waarde van meer as 21 miljard Suid-Afrikaanse rand in olie- en gas-ontginning ter see in die hande van ʼn groentjie te plaas.