Green Connection juig oor geen Karpowership-krag

Die Green Connection sê hy is tevrede dat Turkye se Karpowership sy plek wat Eskom vir hom in die buurland se netwerk uitgehou het kwyt is, omdat hy die finansiële spertyd van 31 Desember misgeloop het. Karpowership het verlede jaar vir ‘n tydperk van 20 jaar toegang verkry tot drie hawens – Durban, Ngqura en Saldanhabaai – as deel van die oplossing vir die land se energiekrisis. Liz McDaid van Green Connection sê Karpowership was ‘n duur en omstrede projek.