Grayson Murray, 30, sterf na hy van toernooi onttrek

Gholf: Die tweemalige Amerikaanse PGA-toerwenner Grayson Murray is in die ouderdom van 30 oorlede, ‘n dag nadat hy hom aan die Charles Schwab-beker-uitdaging in Fort Worth, Texas, onttrek het. Daar was geen onmiddellike besonderhede oor die omstandighede van sy dood nie. Murray, wat in die verlede met alkohol- en geestesgesondheidskwessies te doen gehad het, het vanjaar ‘n massiewe ommekeer gemaak en die Sony Ope gewen. Hy was nr. 58 op die wêreldranglys.