Grawe tradisionele putte, gronddamme vir water, sê owerheid

Die woordvoerder van die Ondonga Tradisionele Owerheid, Enkali Frans, doen ‘n beroep op die publiek om tradisionele putte en gronddamme te grawe, om waterskaarste tydens die droë seisoen te verlig. Frans sê hulle ontvang nie fondse van die regering vir boorgate nie. Hy sê verlede jaar het inwoners van die Nehale LyaMpingana-, Eengodi- en Okankolo-kiesafdelings verskriklike wateruitdagings ondervind, dus moet hulle proaktief wees om ‘n herhaling daarvan te vermy. Oshikoto-streeksraadslid vir die Eengodi-kiesafdeling, Protasius Neshuku, sê hulle staar vanjaar weer uitdagings met waterskaarste in al 69 dorpe in die kiesafdeling in die gesig. Hulle kan egter nie putte en gronddamme grawe nie, omdat daar nie water in die grond is nie.