Gratis aanlyn opleiding in Ekurhuleni, jeug moet gebruik maak

Die Stad Ekurhuleni doen ʼn beroep op die jeug en werklose inwoners om gebruik te maak van ʼn reeks gratis aanlyn kursusse wat daarop gemik is om mense se kennis oor entrepreneurskap en sake-projekte uit te brei. Die kursus word in twee dele aangebied. Die eerste fokus daarop om entrepreneurskap te ontdek en deeglike verslae op te stel, terwyl die tweede deel leer hoe om ʼn sakeonderneming van stapel te stuur en suksesvol met rolspelers te onderhandel. Die stad se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê aansoeke sluit op die 26ste van dié maand: