Graham Thorpe het selfdood gepleeg

Krieket: Die gesin van die voormalige Engelse kolwer, Graham Thorpe, bevestig hy het selfdood gepleeg. Die 55-jarige het 100 toetse en 82 eendagwedstryde gespeel en meer as nege-duisend-lopies aangeteken. Volgens sy vrou, Amanda, het hy jare lank gesukkel met depressie en angs. Hy is in 2022 as hulpafrigter van Engeland afgedank en toe as hoofafrigter van Afghanistan aangestel, maar het sy eie lewe probeer neem en was nooit in die pos nie. Sy oudste dogter, Kitty, sê die familie is nie skaam om oor sy worstelings te praat nie.