Grafiese video na ongeluk weer openbaar versprei

‘n Video van die sewesitplek-voertuig wat in ‘n ongeluk was waarin nege mense dood is op die pad tussen Otjiwarongo en Otavi, is wyd op sosiale media versprei. Volgens die polisie was ‘n sewesitplek-voertuig en ‘n Toyota Fortuner betrokke met die bestuurder van die Fortuner wat later aan haar beserings beswyk het terwyl almal in die ander voertuig dood is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met veteraan joernalis, Gwen Lister, oor die verspreiding van die grafiese video deur die publiek.