Graeme Pollock in hospitaal na beroerte
Krieket: Die legendariese Suid-Afrikaanse kolwer, Graeme Pollock, is in die hospitaal nadat hy tien dae gelede ‘n beroerte gehad het. ‘n Vriend van Pollock en ʼn ou spanmaat, Spook Hanley, het aan Netwerk24 gesê die 80-jarige is stabiel maar sal waarskynlik nie binnekort uit die hospitaal ontslaan word nie. Hy het die afgelope jare toenemend gesondheidsprobleme ondervind, met onder meer kolonkanker en Parkinson se Siekte. Pollock is in 1999 aangewys as Suid-Afrika se kolwer van die 20ste eeu en het steeds die vierde beste toetsgemiddeld vir kolwers, met die Australiese held, Don Bradman, boaan die lys.