Graanmeule kan werkverskaffing hupstoot gee
Volgens High Economic Intelligence se BBP-verslag vir die tweede kwartaal het die vervaardigingsektor ‘n toename van 0,6 persent in reële waarde toegevoeg geregistreer in die tydperk onder oorsig, vergeleke met ‘n toename van 3 persent in die ooreenstemmende kwartaal van 2023. Die sektor groei is hoofsaaklik weerspieël in die subsektor “graanmeulprodukte” wat ‘n toename van 26,1 persent geregistreer het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie by Unam, oor kommer dat vervaardiging in die land hoofsaaklik deur graanmeuleprodukte ondersteun is.