Graad 6-leerders in SA kan ook nie met begrip lees nie

‘n DA-parlementslid, Bax Nodada, is bekommerd oor die leeskrisis in Suid-Afrika. Die jongste verslae van die studie oor die Vordering in Internasionale Leesgeletterdheid toon 56 persent van leerders in graad 6 in Suid-Afrika kan nie met begrip lees wanneer hulle op die graad 4 Vordering in Internasionale Leesgeletterdheids-evaluering getoets word nie. Hy sê dit is kommerwekkend dat slegs een uit elke vyf graad 4-leerders met begrip kan lees: