Graad 6-leerder dood in eerste skoolskietery in VSA

Die jaar se eerste skoolskietery is in die VSA aangemeld toe ‘n 17-jarige by ‘n skool in Iowa losgebrand het toe skool na die vakansie hervat het. ‘n Graad 6 leerder is dood en vyf ander beseer. Die verdagte, ‘n leerder by die skool in Perry in die deelstaat, is dood na hy selfmoord gepleeg het. Owerhede het die skieter as Dylan Butler geïdentifiseer en het geen inligting oor ‘n moontlike motief verskaf nie. Twee van sy vriende sê Butler was ‘n stil persoon wat jare lank geboelie is.