Graad-11 eskamens vorder goed

Ná die drama oor uitgelekte vraestelle verlede jaar, het die Namibiese onderwysministerie gelas dat sekere vraestelle herskryf moet word. Leerders moes hul vakansies kortknip om te studeer en met die herskryfproses begin. Tot dusver, sê Colette Rieckert van die Namibiese Privaatskole-vereniging, aan Kosmos 94.1 Nuus gaan dit goed met graad-11 leerders wat tans hul vraestelle herskryf.