‘Goue seun en meisie’ van boogskiet gekroon

Burton Weakley en Teresa Kasomba, twee van Namibië se knapste jong boogskutters, het die titels van “goue seun” en “goue meisie” verwerf deur African Genesis Archery Namibia se nasionale titels te wen. Hulle het nou hul visier op die Olimpiese Spele. Die boogskutters is albei 17 jaar oud en kom van onderskeidelik Windhoek Hoërskool en Community Hope School. Hulle het vanjaar die boogskiettoneel oorheers, met Weakley wat 24 goue medaljes en Kasomba wat 19 goue medaljes gewen het. Hulle sal albei Saterdag aan die finale rangskiet van die jaar by Windhoek Internasionale Skool deelneem.