Goudsindikaat-maatskappy moet in SA verbied word  

Die stigter van Tax Justice South Africa, Yusuf Abramjee, sê as die regering enige sweempie van finansiële integriteit wil behou, moet hy onmiddellik Gold Leaf Tobacco Corporation se bedrywighede op Suid-Afrikaanse bodem beëindig. Dit volg nadat ‘n opspraakwekkende Al Jazeera-dokumentêr aan die lig gebring het dat die hoof van die onderneming, Simon Rudland, in ‘n sindikaat betrokke is wat sanksies oortree en groot hoeveelhede goud uit Harare na sy sakeryk in Dubai vlieg. Abramjee sê Rudland is kop in een mus met senior lede van die Zimbabwiese regering.