Goudprys klim tot rekord

Goud het vir die tweede agtereenvolgende sessie tot ‘n rekordhoogtepunt geklim, aangesien beleggers na die tradisionele veilige hawe bate stroom. Die goudprys het 2 111 Amerikaanse dollar en 39 sent per ons bereik, wat die rekord wat Vrydagaand opgestel is oortref. Goud het versterk te midde van hoop dat die siklus van rentekoersverhogings oor die laaste paar jaar nou geëindig het, en dat sentrale banke hul aandag sal vestig op die besnoeiing van uitleenkoste in 2024.