Goudprys bly hoog, toets weerstandvlakke

Die goudprys is besig om hoër te druk en kritieke weerstand te toets, ondersteun deur dalende opbrengste en ‘n verswakkende Amerikaanse dollar. In die internasionale mark beweeg die prys rondom 2 019 Amerikaaanse dollar per ons. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels oor wat in die goud-wêreld aan die gebeur is.