Goud vir Chad le Clos in Singapoer

Swem: Die 32-jarige Chad le Clos het goud ingepalm in die mans 200-meter vlinderslag op die tweede dag van die 2024 Swemwêreldbeker se ronde in Singapoer. Dit is die laaste byeenkoms vandrie in die Swemwêreldbeker-kortbadreeks wat twee weke gelede in Sjanghai begin het. Le Clos was by die 150-metermerk derde maar het met ‘n groot poging goud behaal in een-minuut-50,42-sekondes. Sy tyd was sy vinnigste van die reeks en het sy medaljes in sy Wêreldbekerloopbaan opgeskuif na 229.