Goud is op, rand versterk, olie daal… en brandstof en die rentekoers?

Goud het Vrydag ‘n rekord-hoogtepunt van net minder as 2 510 Amerikaanse dollar per ons bereik. Terselfdertyd het verwagtinge van Amerikaanse rentekoersverlagings die dollar verswak, terwyl oliepryse getuimel het. Goud het Maandagaand teen 2 502,36 dollar per ons verhandel, terwyl Brent-ruolie verder gedaal het tot 77,66 dollar per vat en die Amerikaanse dollar op 17,68 Namibiese dollar was. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels oor wat internasionaal aan die gebeur is en of dit ons brandstofpryse sal beïnvloed.