Goud is baie hoog, ekonoom sê dit sal bly styg

Sedert die begin van Maart het die goudprys begin styg met ‘n onlangse drastiese groei. Goud word gesien as ‘n veilige en winsgewende belegging veral gedurende onsekere tye in die wêreld. Goud is tans op sy hoogste rondom 2 350 Amerikaanse dollar per fyn ons. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt gepraat wat sê hy vermoed goud gaan op die kort termyn verder styg.