Goscars beloon veldwagters

Die tweede jaarlikse Grassroots Owen-Smith Gemeenskapsveldwagters-toekennings, bekend as die Goscars, vind op 21 April in Windhoek plaas. Vier gemeenskaps-veldwagters, en vir die eerste keer ‘n gemeenskapsgebaseerde organisasie van ‘n bewaringsgebied, gemeenskapswoud of vis-reservaat, sal toekennings ontvang. Die top-veldwagter sal 25 000 Namibiese dollar ontvang, waarvan 10 000 dollar aan sy of haar bewaringsgebied sal gaan. Die wenner van die bewarings-organisasie 100 000 dollar ontvang vir uitstaande bewaringswerk. Die jaarlikse toekennings, ter viering van die lewe van gemeenskapsbewarings-pionier Garth Owen-Smith wat in April 2020 gesterf het, erken die harde werk van voorste linie veldwagters.