Gordyn sak vir Phantom of the Opera  

Die langsdurende Broadway-vertoning in die geskiedenis, The Phantom of the Opera, het na 35 jaar geëindig. Die gordyn het die laaste keer voor ‘n uitverkoopte gehoor gesak in die Majestic-teater langs Times Square in New York. Die vertoning het in 1988 geopen, ongeveer 14 000 vertonings gehad en 6 500 mense in diens geneem. Die vervaardigers het blykbaar gesukkel om weer op die been te kom nadat Broadway vir 18 maande gesluit is weens die Covid-pandemie. Die opskorting van Andrew Lloyd Webber se klassieke werk word beskryf as die einde van ‘n era.