Gordyn sak op Mboma se Olimpiese droom

Die gordyn het waarskynlik gesak vir Namibië se ster vroulike atleet, Christine Mboma, en haar afrigter, Henk Botha, om vir die 2024 Olimpiese Spele in Parys te kwalifiseer. Mboma het aan die 100m en 200m wedlope by die pas afgehandelde Afrika Senior Atletiekkampioenskappe deelgeneem. Ongelukkig kon sy nie verbeter op haar tye wat sy by die Namibiese Senior Atletiekkampioenskappe behaal het nie en kon nie vir Parys kwalifiseer nie. Botha het gesê hulle is baie teleurgesteld, maar sien uit na die 2025-atletiekseisoen.