Gordhan weet nie van kartelle by Eskom nie

Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sê hy is nie bewus van enige misdaadkartelle wat in Eskom bedrywig is nie. Die Daily Maverick het skynbaar intelligensieverslae bekom wat twee lede van President Cyril Ramaphosa se kabinet met vier kartelle verbind wat in die kragvoorsiener bedrywig is. Die inligting verbind die kartelle met die sabotasie van Eskom se kragstasies en met ’n program van politieke destabilisering. Gordhan sê hy was slegs bewus van korrupsie wat by staatsbeheerde entiteite voorkom: