Gordhan tree af met verkiesing
Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, gaan volgens berigte in die komende weke uit die politiek bedank om op sy gesondheid en gesin te fokus. Die ANC sal na verwagting vandag sy kandidatelys vir die verkiesing by die Onafhanklike Verkiesingskommissie indien. Die 74-jarige Gordhan het in ʼn eksklusiewe onderhoud met Business Day gesê hy is nie langer beskikbaar om op die kandidatelys te verskyn nie. Hy sê ten spyte van sy besluit om uit aktiewe politiek te tree, bly hy ʼn getroue lid van die ANC.