Gordhan is verantwoordelik vir bestuurschaos

Die DA sê die party het onthul hoe die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, die afgelope vyf jaar ‘n ongekende bestuurschaos op uitvoerende en direksievlakke in staatsondernemings ontketen het. Farhat Essack van die DA sê die sewe ondernemings wat onder die departement val, naamlik Eskom, Transnet, Denel, Safcol, Alexkor, SAL en SA Express, het 300 miljard Suid-Afrikaanse rand aan onreëlmatige uitgawes aangegaan, en 1,3 miljard rand se vrugtelose en verkwistende uitgawes: